Elena wen haar agtste Comrades

Elena en Olesya Nurgalieva

Elena Nurgalieva van Rusland is die eerste vrou wat die eindstreep van die Comrades-marathon in 2013 oorgesteek het.

Dit is die agtste keer wat Nurgalieva die vroue-afdeling van dié uitmergelende 86km-wedloop wen. Olesya, Elena se tweelingsussie, het in die tweede posisie klaargemaak en Irina Antropova van Rusland sal moontlik in die derde posisie eindig.

Die eerste tien mans is soos volg:

1. Claude Moshiywa van Suid-Afrika (05:32:08)
2. Jonas Buud van Swede (05:41:20)
3. Mpesela Ntlosoeu van Lesotho (05:43:37)
4. Ludwick Mamabolo van Suid-Afrika (05:45:48)
5. Johannes Kekana van Suid-Afrika (05:46:26)
6. Henry Moyo van Malawi (05:46:51)
7. Joseph Mphuthi van Suid-Afrika (05:47:59)
8. Mike Fokoroni van Zimbabwe (05:50:10)
9. Rufus Photo van Suid-Afrika (05:51:51)
10. Stephen Muzhingi van Zimbabwe (05:52:37)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.