Elf sterf in gru-ongeluk op N3

Die foto is deur @EdwardMakwana op Twitter gelaai.

Elf mense is Vrydag dood en nog elf beseer na ʼn gru-ongeluk tussen ʼn taxi en ʼn motor op die N3 naby Harrismith in die Vrystaat.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê die taxi en die motor het reg van voor gebots. Vyf passasiers in die motor en ses passasiers in die taxi is op die toneel dood verklaar. Wicks sê nog elf mense is beseer, waarvan drie kritiek. Hulle is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.