Elf vas wat JHB-gebou kaap

Elf mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn gebou in Johannesburg gekaap het en van die huurders aangerand het.

Kapt. Paul Ramaloko, ʼn woordvoerder van die valke, sê die mans is glo deel van ʼn sindikaat wat geboue kaap asook huurders aanrand of ontvoer. Die mans is Woensdagoggend in hegtenis geneem. Hulle het reeds in 2008 die 100-kamer Industria House in Jeppestown gekaap. “Hulle het sedertdien huurders tussen R800 en R850 huur ʼn maand gevra en nagenoeg R5 miljoen gemaak,” het Ramaloko gesê.

Volgens Ramaloko het die gebou se oorspronklike eienaar die Valke Dinsdag genader nadat sy kollega glo deur die verdagtes vermoor is. Die groep word aangekla van die rig van ʼn vuurwapen, aanranding en ontvoering. ʼn Aanklag van rampokkery kan dalk ook aanhangig gemaak word.

Die groep mans moet Vrydag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.