Elfjarige ontvoer en vermoor

Die polisie van Noordwes het ʼn man in hegtenis geneem wat glo gedurende die naweek ʼn 11-jarige meisie ontvoer en vermoor het.

Sers. Philani Nkwalase, ʼn polisiewoordvoerder, sê die meisie is Saterdagoggend by haar huis in Mmakau informele nedersetting ontvoer. Mmakau is sowat 14km oos van Brits.

“Die man het deur die kamervenster geklim waar die kind en haar jonger boeties en sussies geslaap het,” het Nkwalase gesê.

Die kind se ma en haar kêrel het in ʼn ander kamer geslaap. Hulle het wakker geword toe hulle ʼn geraas hoor en gaan ondersoek instel. Die kind was reeds weg toe hulle in die kamer kom. Die saak is by die polisie aangemeld.

“Die kind se liggaam is later die dag in ʼn buurman se plakkershut onder ʼn bed gevind. Sy is verwurg,” het Nkwalase gesê.

ʼn 41-jarige man is in hegtenis geneem en moet binnekort in die landdroshof in Ga-Rankuwa verskyn of aanklagte van ontvoering en moord. Die polisie ondersoek ook die moontlikheid dat die slagoffer verkrag is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.