Elfjarige seun glo by skool verkrag

ʼn 11-jarige seun is na bewering deur vier ander seuns by ʼn skool in Eldorado Park, suid van Johannesburg, verkrag.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Phil Khorombi, sê die voorval het glo Vrydag op die skoolgrond plaasgevind. Hy sê die seun ontvang berading terwyl die polisie die saak ondersoek. Khorombi sê die polisie kan nie in die stadium enige verdere besonderhede bekendmaak nie. Die departement van onderwys in Gauteng het intussen sy eie ondersoek na die voorval begin. ʼn Woordvoerder, Charles Phahlane, sê hulle is geskok deur die bewerings en sien dit in ʼn baie ernstige lig. Phahlane kon egter nie onmiddellik die naam van die skool bekendmaak waar die voorval glo plaasgevind het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.