Ellen DeGeneres gaan weer Oscars aanbied

Ellen DeGeneres

Ellen DeGeneres sal in 2014 die Oscar-toekennings vir ‘n tweede keer aanbied, het die vervaardigers van die Academy Awards Vrydag aangekondig.

DeGeneres het die gesogte toekenningsaand in 2007 ook aangebied en het ‘n Emmy-nominasie vir haar vertoning ontvang. Seth MacFarlane, wat die toekenningsaand vanjaar aangebied het, het gemengde resensies ontvang. Hy het reeds aangedui dat hy nie beskikbaar sal wees om weer die toekennings aan te bied nie.

Die Oscars word op 2 Maart gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.