Elvis Presley se musiekvideo volg onderaan die berig.
Elvis Presley se beroemde ‘blue suede shoes’ word Vrydag in Los Angeles opgeveil, en sal na verwagting $80 000 (sowat R800 000) haal.
Elvis het die skoene vier jaar lank tydens sy optredes gedra. Joe Esposito, ʼn goeie vriend van Elvis, het die beroemde skoene besit en het dit aan die eienaar van ‘n musiekmuseum, Chris Davidson verkoop. Die “blue suede shoes” was ook die onderwerp van een van die sanger se gewildste treffers. Die musiek en liriek daarvan is egter deur Carl Perkins geskryf.
Elvis is in 1977 weens dwelmmisbruik in die ouderdom van 42 oorlede.
Elvis, wat ‘n legende, jonk en oud luister steeds sy musiek.