Elvis se ‘blue suede shoes’ word opgeveil

Elvis se veelbesproke skoene.

Elvis se veelbesproke skoene.

Elvis Presley se musiekvideo volg onderaan die berig.

Elvis Presley se beroemde ‘blue suede shoes’ word Vrydag in Los Angeles opgeveil, en sal na verwagting $80 000 (sowat R800 000) haal.

Elvis het die skoene vier jaar lank tydens sy optredes gedra. Joe Esposito, ʼn goeie vriend van Elvis, het die beroemde skoene besit en het dit aan die eienaar van ‘n musiekmuseum, Chris Davidson verkoop. Die “blue suede shoes” was ook die onderwerp van een van die sanger se gewildste treffers. Die musiek en liriek daarvan is egter deur Carl Perkins geskryf.

Elvis is in 1977 weens dwelmmisbruik in die ouderdom van 42 oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.