Emmy’s: Hier is die wenners

Emmy_statueDie jaarlikse Emmy-toekennings is Sondagaand in Amerika uitgeloof.

ABC se skreeusnaakse, Modern Family, is vir die vierde agtereenvolgende jaar as die beste komedie van die jaar aangewys. Dieselfde eer het dié komedie in 2010, 2011 en 2012 te beurt geval.

Ed O’Neill vertolk die hoofrol as hoof van die lawwe familie, met sy jong vrou wat gespeel word deur Sofia Vergara. Hoewel die reeks weer die eer as die beste reeks ontvang het, het nie een van die reeks se akteurs toekennings vir hul rolle daarin ontvang nie.

Klik hier vir al die wenners.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.