Emosionele pleidooi van vermiste Tukkies-student se familie

Die familie van Duncan Allan, ʼn derdejaarstudent aan die Universiteit van Pretoria, wat nege dae gelede vermis geraak het, het in ‘n video op Youtube ‘n emosionele pleidooi gelewer vir sy veilige terugkeer.

Allan het Maandagoggend 18 Julie 2011 by Lynnwood Motors in Atterburyweg in Pretoria sy motor gaan afhaal en word sedertien vermis. Die teenmisdaadnetwerk eBlockwatch het intussen sy lede gevra om te help soek na Allan. Daar is ook kennisgewings geplaas op sosiale netwerke soos Facebook en Twitter. Allan se selfoon is sedert sy verdwyning afgeskakel. Sy bankkaart is nog nie gebruik nie en sy ouers en vriende het nog niks van hom gehoor nie. Allan is ‘n huiskomiteelid by die Olienhout-koshuis in Lynnwoodweg. Allan het ʼn denimbroek, grys sweetpaktop en swart sandale aangehad toe hy vermis geraak het. Enigiemand wat inligting het kan ao Paswane kontak by 082 319 9647. Duncan ry ’n groen VW Jetta met die registrasienommer DJY 086 GP.

http://youtu.be/Lj8HARGIzWE

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.