eNCA jammer oor Mandela-berig

Mandela. Foto: GCIS

eNews Channel Africa (eNCA) het om verskoning gevra nadat daar Maandagaand ʼn storie uitgesaai is oor oudpresident Nelson Mandela waartydens ʼn onderhoud van twee jaar gelede met sy vrou Graca Machel ingesluit is by die berig.

eNCA het op sy Twitter-blad gesê die onderhoud met Machel, waarin sy sê haar man se gesondheidstoestand is hartseer om te beleef, is in 2009 opgeneem. “Machel het nie reageer op Madiba se huidige hospitalisasie nie. Ons is jammer oor enige verwarring wat dit tot gevolg kon gehad het.” In die onderhoud sê Machel dit is vir haar pynlik om sy vonkel te sien verdof. Dele van die onderhoud is ook deur ander media aangehaal.

Die presidensie het gister bekendgemaak dat Mandela ʼn longinfeksie het. “Dokters het hul toetse afgehandel wat toon dat ʼn vorige longinfeksie weer opgeduik het. Madiba word daarvoor behandel en hy reageer goed op dié behandeling. President Jacob Zuma bedank die publiek vir hul volgehoue ondersteuning en gebede vir Mandela en sy familie,” het die presidensie bygevoeg. Mandela is Saterdag in Pretoria opgeneem vir “mediese sorg”. Zuma het hom Sondag by die 1 Militêre hospitaal besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.