Engeland op soek na SA-man oor moord

Ricardo Pisano

Die polisie in Brittanje is op soek na Ricardo Pisano (35) van Kaapstad in verband met ‘n moord in Engeland.

Pisano, wat ook as Ricky, Ree en Brandon Victor Pillay bekendstaan, word gesoek in verband met die moord op Michael Polding (63) wat op 16 Julie 2012 dood aangetref is in sy woonstel in Brighton, berig Cape Times. Hy het egter moontlik reeds in Mei 2012 gesterf. Pisano is glo die persoon wat Polding laaste lewend gesien het. ‘n Nadoodse ondersoek het bevind dat Polding “verskeie noodlottige beserings” opgedoen het.

“Pisano het verbintenisse aan Suid-Afrika en Nieu-Seeland en speurders glo hy kan homself enige plek in die wêreld bevind,” het die polisie in Sussex gesê. ‘n Beloning van £5 000 (R70 000) is uitgereik vir enige inligting wat tot sy inhegtenisneming kan lei.

‘n Ondersoekspan sal glo later vanjaar na Suid-Afrika reis om meer inligting oor Pisano in te samel.

‘n Facebook-blad is ook oopgemaak in ‘n poging om Pisano vas te trek.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.