Engeland-polisie soek na SA-man

Ricardo Pisano

ʼn Man van Kaapstad word in ‘n internasionale ondersoek in verband met die moord van ʼn man van Engeland gesoek.

Die polisie van Sussex het ʼn volskaalse soektog na Ricardo Pisano (35) van stapel gestuur. Pisano gebruik ook skuilname soos Ricky, Ree en Brandon Victor Pillay. Hy word gesoek in verband met die moord op Michael Polding (63), wat op 16 Julie vanjaar in sy woonstel in Brighton dood aangetref is, berig Cape Times.

Pisano is glo van Kaapstad afkomstig en is tans ʼn voortvlugtende. Hy is 11 jaar gelede in Nieu-Seeland skuldig bevind aan afpersing en is 15 maande tronkstraf opgelê, hy het egter in Augustus 2001, halfpad deur sy straf, ontsnap en glo na Engeland gevlug.

Pisano was glo die laaste persoon wat met Polding in kontak was. Polding is dood aan veelvoudige beserings.

Lees meer hier.

Bron: iol.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.