Engeland-statistiek: Bykans 10% van kinders onder 5 is Moslem

Argieffoto

Argieffoto

Bykans een uit elke 10 babas en kleuters in Engeland en Wallis is Moslem, volgens ʼn nuwe analise van sensusstatistiek wat Vrydag gepubliseer is.

Altesaam 317 952 kinders onder vyf jaar oud, of 9.1%, is in die 2011-sensus geregistreer as Moslem, het die kantoor vir nasionale statistiek (ONS) se getalle aangetoon.

Dit is ʼn 80% toename sedert die 2001-sensus.

Moslems het die jongste ouderdomsprofiel van die groot godsdiensgroepe. Nagenoeg 48% van Moslems is onder 25 (1.3 miljoen).

Die syfers toon ook dat Christenskap die algemeenste geloof bly vir babas wat in Engeland en Wallis geregistreer word, naamlik meer as 1.5 miljoen, of 43.7%.

Bykans net soveel as Christenskap is ouers wat geen geloof vir kinders onder vyf jaar oud aanbied nie, naamlik 1.2 miljoen (34.1%).

Dertien kinders onder die ouderdom van vyf word in heksery grootgemaak en 121 het “heavy metal” aangedui as hul begingeloof. Daar was ook 4 700 kinders onder vyf wie se ouers “Jedi knight” as hul geloof aangedui het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Demokraat ·

Die Engelse het ‘n lat vir hul gat gesny deur soveel Moslems gedurende die afgelope dekades in Engeland toe te laat. Oor 20 jaar ontplof die motor- en ander bomme in Engeland soos dit vandag in Irak en ander Moslem-lande gebeur. Maak dus nou plan met hulle as dit nog enigsins sal help !! Is bevrees dis te laat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.