Engelse nuus nou langer op SABC 3

Die Engelse nuus op SABC 3 gaan vanaf 1 April een uur lank wees, om die geleentheid te bied om nuusdekking aan al die provinsies te gee.

“As die openbare uitsaaier moet ons onderskeie programme deurlopend die behoeftes van ons gehoor aanspreek,” het Hlaudi Motsoeneng, hoofbedryfsbeampte, Saterdag gesê. “Die besluit is nie lighartig geneem nie en ons is bewus van die feit dat meer werk gedoen moet word en hierdie is die eerste stap in daardie rigting.”

Die Engelse nuusbulletin sal vanaf 1 April om 18:30 begin en 19:30 klaarmaak.

Motsoeneng sê die SAUK het in Augustus 2012 van die kykers verneem dat nuusbulletins te kort is. “Ons wil hê mense moet weet dit is hulle SAUK, en dat hul mening en insette hoog op prys gestel is en ons sal in die toekoms hulle ook by verskeie sake rakende die korporasie betrek.”

Die programme wat om 18:30 op SABC 3 vertoon het, sal nou na SABC 1 toe skuif.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Ek weet ek is dalk nou ietwat geniepsig maar is dit nie maar net nog ‘n strategie van die ANC om hul beeld verder te poets en hul dogma verder uit te dra na die massas daar buite nie ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.