Engen ontken dat hy nie vulstasies aan wittes verkoop

Die brandstofverskaffer Engen het gerugte dat “geen Engen-vulstasie in die toekoms aan witmense verkoop sal word nie”, ten sterkste ontken.

ʼn E-pos doen tans weer die ronde waarin wit mense versoek word om Engen te boikot aangesien hulle nie vulstasies aan witmense verkoop nie. Die boodskap doen reeds sedert 2006 die ronde.

Engen het egter nou weer ʼn beroep gedoen op die publiek om die “e-pos smeerveldtog” te ignoreer. Bulelwa Payi, woordvoerder van Engen, sê die subtieler waarheid is die invloed van die Wysigingswet op Petroleumprodukte, wat in Maart 2006 in werking getree het. “In die soeke om broodnodige transformasie in die bedryf teweeg te bring, stipuleer die wet dat handelaar aansoekers by die departement van energie vir ‘n kleinhandel-lisensie moet aansoek doen.”

Sy voeg by dat Engen sy eie streng kriteria toepas in die toekenning van handelaarbeheer, insluitend die meriete van die aansoeker se sakeplan, algemene vaardighede, die oordrag van vaardighede, sakebevoegdheid, finansiële hulpbronne en ‘n element van swart ekonomiese bemagtiging. “Waar 100% SEB-kandidate nie aansoek doen nie, word vennootskappe aangemoedig.” Payi sê hulle ontvang aansoeke van alle bevolkingsgroepe. “Niemand word uitgesluit nie en daar word vulstasies aan alle bevolkingsgroepe verkoop.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.