Epileptiese toeval veroorsaak glo babatjie se dood

ʼn Babaseuntjie het Maandag gesterf nadat ʼn motoris glo ʼn epileptiese toeval gekry het, en in ʼn groep voetgangers ingeploeg het.

Volgens Synock Matobako, ʼn woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het die voorval in Meadowlands, Soweto, plaasgevind.

“ʼn 39-jarige ma het met haar vier kinders langs die pad geloop,” het Matobako gesê. “Die bestuurder van ʼn Mercedes-Benz het glo ʼn epileptiese toeval gekry en beheer oor die voertuig verloor. Die voertuig het die ma en haar kinders langs die pad getref. Die babatjie is op die toneel dood. Twee van die kinders is ernstig beseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die ma en ander kind het geringe beserings opgedoen. Die bestuurder van die voertuig is ook ernstig beseer,” het Matobako bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.