Erfporsie glo motief vir pastorie-moorde

Martin Brits en Elliot Mhlambi tydens ‘n vorige hofverskyning.Foto: Lani Fouché, OFM

Martin Brits het sy aanneem-pa, ds. Willem Brits, verlede jaar glo vir ʼn plaas vermoor, het die Volksblad Dinsdag berig.

Die staat voer aan dat die plaas as erfporsie die motief vir die moord is.

Martin (28) en Elliot Mhlambi (41) staan tereg op ʼn aanklag van moord op Willem Brits en sy voornemende skoonseun, Gerhard Vermeulen (25) in Harrismith in November 2012. Die dominee se vrou, Dorothea, is ernstig in die aanval beseer.

Die saak sal op 11 November in die Harrismith-landdroshof ʼn aanvangs neem.

Volgens die staat het Martin besluit om sy familie te vermoor toe hy uitgevind het dat een van die ander seuns die plaas sou erf. Die staat voer aan Martin het ʼn voormalige sel-maat van Fankfort-gevangenis, naamlik Mhlambi, gekontak om hom te help. Hy het glo geld aan hom oorhandig om ʼn byl aan te skaf vir die aanval.

Brits het reeds skuld beken op sy aandeel aan die moorde.
-SAPA

Lees ook:
Pastorie-moorde: Saak weer uitgestel
Pastorie-dogter vrygespreek
Pastorie-moord: Twee verdagtes verskyn in hof
Pastorie-moord: Twee verdagtes weer in hof
Pastorie-moorde: Ma wil seun in tronk besoek
Pastorie-moorde: Dogter weer in hof
Pastorie-moorde: Dogter vas oor diefstal
Harrismith-moorde: Vrou ontslaan
Pastorie-moorde: Vrou sterk aan
Pastorie-moorde: Dorothea dalk teen Vrydag wakker
Pastorie-moorde: Seun toon glo berou
Twee beskuldigdes verskyn in hof
Pastorie-moorde: Martin vra om vergifnis
Pastorie-moorde: Ds Brits vandag ter ruste gelê
Pastorie-moorde: Broers en suster kwaad
Pastorie-moorde: Seun beken skuld
Pastorie-moorde: Vermeulen vandag ter ruste gelê
Pastorie-moorde: Seun, verdagte ken mekaar glo
Pastorie-moorde: Seun gaan glo skuld erken
Pastorie-moorde: Seun was glo al vantevore in die tronk
Pastorie-moorde: Seun in hegtenis geneem
Vermoorde dominee se vrou kritiek ná aanval
Dominee van Harrismith vermoor, gesin aangeval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kaspaas Breekwater ·

Dit is seker nou maar een van die “risiko’s” van aanneem-kinders, mens weet nooit “wat” jy kry nie. Ek ken ook aanneem kinders wat wonderlike kinders is, en baie keer draai so ‘n aanneming baie goed uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.