Erge reën eis drie kinders

Drie kinders is Maandagaand in Durban in twee afsonderlike voorvalle dood nadat die huise waarin hulle gebly het as gevolg van swaar reën ingetuimel het.

Eugene Msomi, die woordvoerder van die eThekwini-metropolisie, het Dinsdag gesê die twee plakkershuise was onderskeidelik in die Chatsworth’s Bayview informele nedersetting en die ander in Clairmont.

“Twee kinders is in Bayview dood en een in Clairmont,” het Msomi gesê.

Intussen het die Suid-Afrikaanse weerdiens gewaarsku dat swaar reënneerslae steeds in KwaZulu-Natal verwag kan word, asook gedeeltes in Limpopo, Noordwes, Gauteng, Mpumalanga en die Vrystaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.