Erge storm teister lae lande

Argieffoto

Argieffoto

‘n Kode rooi is Donderdag in veral die noordelike provinsies van die lae lande uitgereik, en in Seeland het die seevlak Vrydag teen die dyke tot die hoogste vlak sedert die groot ramp van 1953 gestyg. In die naburige Vlaandere is 2 000 mense uit die kusgebiede ontruim.

In Nederland moes minstens een hospitaal ontruim word, en die brandweer is meer as ‘n duisend keer uitgeroep, hoofsaaklik weens bome wat op voertuie omgewaai het. Talle dakke is ook beskadig. In veral die noordelike provinsies is treindienste tydelik opgeskort. Die hawe van Lauwersoog in Groningen is ook oorstroom, en ‘n viswinkel daar naby het waterskade opgedoen.

Die hoë watervlak word toegeskryf aan ‘n kombinasie van ‘n hoë gety en baie sterk wind. Die watervlak teen van die dyke het tot meer as drie meter hoër as die standaard-watervlak by Amsterdam gestyg. ‘n Windsterkte van tot 130 kilometer per uur is voorspel. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.