Ermelo-polisie slaap aan diens

Luitenant-generaal Thulani Ntobela, Mpumalanga se provinsiale polisiehoof, het ʼn formele ondersoek van stapel gestuur nadat drie polisiebeamptes van die Ermelo-polisiestasie afgeneem is terwyl hulle geslaap het.

ʼn Inwoner van dié dorp wou op 22 Augustus ʼn inbraak by die polisie aanmeld en het die beamptes slapend in die aanklagkantoor aangetref. Die inwoner het ʼn foto geneem en op sosiale media begin versprei. Daar word oor die algemeen oor dienslewering by die stasie gekla. Inwoners beweer onder andere dat oproepe na die stasie nie beantwoord word nie en dat beamptes nie uitgaan as misdade aangemeld word nie.

Ntobela het Vrydag reageer en gesê dat hy bekommerd is oor die klagtes. Hy het onderneem om spoedig teen die beweerde swak dienslewering op te tree.

Hy het die stasiebevelvoerder versoek om ʼn volledige verslag oor die aangeleentheid en die stasie se negatiewe publisiteit in te dien. Ntobela het ook onderneem om met die inwoners van Ermelo te vergader om alle ontevredenheid aan te hoor en daaraan aandag te gee.

“Ek sal drastiese stappe doen om toe te sien dat beamptes wat nie hul pligte nakom nie, se koppe rol,” het hy gesê

“Daar is geen verskonings om aan diens te slaap, nie telefoonoproepe te beantwoord nie, of om nie by tonele op te daag nie,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Fred Makkink ·

die kommentaar wat hier gaan wees is ” die foto is geneem sonder die beamptes se toesstemming” ek het ‘n soortgelyke geval gehad en ek is aangespreek omdat ek fotos van ‘n persoon se tafel geneem het sonder sy toestemming, ek was sy toesighouer.

SANETTE HENNING ·

Ja dis algemeen by Bethal kantoor ook en boonop is kinders altyd na skool en na 5 en naweke in kantoor waar word dit toegelaat? Neewat meer sulke fotos sal dalk die Polisiehoof wakker maak in algemeen is reaksie by Mpumalanga stasies erg traag en word staatsvoertuie misbruik talle klagtes is al daaroor gedoen maar geen reaksie, so ja soms voel dit ons klagtes oor swak diens val op dowe ore en tree meeste van poisiebeamptes op asof hul die algehele mag het en doen wat hul wil. Ons polisie, hospitale en mediese sorg asook onderwys is in n chaotiese toestand en te veel vergaderings en planne word voorgehou en geen min of geen aksie word geneem. Polisiebeamptes wat werklik trots is op hul werk en hulself is dun gesaai. Sal graag opvolg oor hierdie storie wil sien

Albert van Zyl ·

hey tobela, jy gaan in elk geval jou simpel boeties beskerm en niks sal van die saak kom nie. Wat meer het jy flippen nodig, jy wil net meer geld spandeer. Ontslaan die flippen useless goed en stel wit mense in diens wat kan GATSKOP!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.