Die Valskermvereniging van Suid-Afrika (Pasa) sê ʼn ervare valskermspringer het Sondagoggend na sy dood geval by die Carletonville Valskermklub.
Die 27-jarige Jarrod Folscher is op die toneel dood verklaar nadat hy teen ʼn hoë spoed die grond getref het. Folscher wou glo ʼn swoop-landing doen wat teen ʼn baie hoë spoed uitgevoer word. Volgens ooggetuies het hy glo nie teen die regte hoek geland nie. Volgens die vereniging het Folscher al meer as 350 spronge voltooi en was hy ʼn studente-instrukteur.