Eskom het Donderdagoggend ʼn noodtoestand rakende die land se elektrisiteitstoevoer afgekondig en gewaarsku dat kragonderbrekings ʼn sterk moontlikheid is.
Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, sê die afgelope week se reën het tot gevolg gehad dat die kragreus se steenkoolvoorrraad nat is. “Ons het ons groot industriële kliënte gevra om hul verbruik met 10% te verminder maar dit blyk dat dit nie genoeg gaan wees nie. Roterende beurtkrag is ʼn sterk moontlikheid.” Eskom het ʼn beroep op die publiek gedoen om hul elektrisiteitsverbruik te verminder ten einde die vraag na elektrisiteit te verminder.
Eskom het intussen ‘n voorlopige beurtkrag-skedule op sy webtuiste gepubliseer indien dit nodig sou wees. Vind meer uit hier. -SAPA
Solank hule begin met beurtkrag by mense wat NIE elektrisiteit betaal nie!!!!
Beurtkrag behoort reg geskeduleer te word sodat dit nie besighede raak soos Supermarkte wat brood moet bak en vleis moet bewerk gedurende sulke geskuduleerde ure wat deur Eskom uitgereik is nie. Die ekonomie is reeds so swak en kan nie bekostig dat besighede nog swaarder moet trek nie. Daar kan beurkrag toegepas word maar doen dit na 17h00 en snags wanneer die besighede nie geraak word nie.
Laat die beurtkrag van 22:00 tot 05:00 wees. Meeste van die mense slaap en dit gee ons tyd om ons huishoudings reg te kry. Mens het kinders was gebad moet word, huiswerk moet gedoen word.
Oor steenkool wat nat gereen het, moet ons nou daaronder lei. Klink soos ‘n brandstof storie vir my
Waar/hoe kan ons sien wanneer daar beurtkrag toegepas gaan word,bly in Paradysstrand,Jeffreysbaai