Eskom dok glo R1m vir Zuma-besoek op

Foto: GCIS

Eskom het glo meer as R1 miljoen spandeer vir president Jacob Zuma se besoek aan die Ingula-kragstasie in KwaZulu-Natal verlede maand.

IOL berig dat Eskom glo meer as R1 miljoen spandeer het op ʼn lugversorgde markiestente, dekor, spyseniering en vermaak vir 450 gaste. Eskom, wat aansoek gedoen het om tariefverhogings oor die volgende vyf jaar van 16% jaarliks, het die uitgawe verdedig. Volgens die staatsinstelling was Zuma se besoek daarop gemik om ʼn boodskap te stuur aan beleggers dat Suid-Afrika “steeds oop is vir sake.” Zuma is deur verskeie ministers vergesel. Dit het in die parlement aan die lig gekom dat Eskom R1 334 769,63 spandeer het vir Zuma se besoek.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.