Eskom dreig om krag in Vrystaat te sny

beurtkragEskom dreig glo om elektrisiteitstoevoer na sommige munisipaliteite in die Vrystaat, wat die kragvoorsiener miljoene rande skuld, af te sny, het RSG Vrydag berig.

Die munisipaliteite wat hierdeur geraak word, is onder andere die Maluti-A Phofung-munisipaliteit wat gebiede soos QwaQwa, Kestell, Harrismith en Phuthaditjhba insluit. Die munisipaliteit skuld na wat berig word R200 miljoen.

Die Ngwathe-munisipaliteit wat Parys, Heilbron, Koppies en Edenville insluit, skuld sowat R190 miljoen. Die spertyd vir betaling is 4 Desember.

Bron: RSG

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jasper ·

Sny liewer die onbevoegde, onopgeleide, ongekwalifiseerde oorgewig raadslede en amptenare se krag af en los die mense wat betaal.
En ek weet nou al. Die massas gaan weer hoofpad toe hol en almal wat verbykom met klippe bestook, bande brand en winkels plunder, terwyl die vetkatte die een vergadering na die ander hou om die problem op te los.

wragtig ·

Ja en dan sit die arme mense wat betaal in die donker. Die vet katte van die munisipaliteit het seker almal krag opwekkers.

Jasper ·

Die skuld hiervoor gaan weer die onskuldige motoris op die hoofpad wees, wie se kar met klippe gegooi gaan word. Raak ontslae van onbevoegde raadslede en amptenare.

Erich Goosen ·

Ek is die laaste persoon wat as pleitbesorger vir plaaslike owerhede wil optree en is net so gegrief soos meeste ander Suid-Afrikaners met swak dienslewering. Ek is egter ook bewus daarvan dat staatsdepartemente miljoene rande aan plaaslike owerhede skuld vir belastings en dienstegelde wat eenvoudig net nie ingevorder kan word nie want daar kom elke jaar groot bedrae uit die fiscus na plaaslike owerhede toe en maak dit die plaaslike owerhede onmagtig om die geld in te vorder. As die Staat sy hoogheilige houding laat vaar en hul verpligtinge nakom kan Eskom dalk betaal word.

Vas Vat ·

Erich, presies…tipies, en daar is geen lig in die tonnel nie.Dit gaan net aanhou verval tot “niks”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.