Eskom glo die grootste oortreder

Volgens ʼn verslag het Eskom glo meer omgewingswette oortree as enige ander staatsinstansie.

Die Nasionale Omgewingsverslag vir die 2011/12 finansiële jaar is Donderdag bekendgemaak, berig EWN. Eskom het meer as R2 miljoen in boetes betaal. Edna Molewa, minister van omgewingsake, het gesê veldtogte, wat vroeër van stapel gestuur is om ondernemings aanspreeklik te hou oor omgewingsmisdade, werk nie. “Die vorige verslag het bekendgemaak dat ʼn grasieperiode vir ondernemings nie die gewenste resultate bereik nie en hulpbronne word gevolglik aangewend om op kriminele en administratiewe toepassing te fokus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.