Eskom-hoof en vyf ander lig beseer in heli-ongeluk

Foto: GCIS

Die uitvoerende hoof van Eskom, Brian Dames, en vyf ander mense is lig beseer nadat die helikopter waarin hulle gereis het naby Morwaneng buite Groblersdal neergestort het.

Volgens ʼn woordvoerder van Netcare911 Jeffrey Wicks het die helikopter Dinsdagmiddag sowat 45km buite Groblersdal in Limpopo neergestort. Hy sê Dames en die vyf ander insittendes kon daarin slaag om uit die helikopter te klim voordat dit aan die brand geraak het. Wicks sê die ses mans is op die toneel behandel. Eskom se woordvoerder, Hilary Joffe, sê die ses insittendes was Dames en die uitvoerende beamptes, Steve Lennon, Louis Malema, Kerseri Pather en twee vlieëniers. Sy sê die oorsaak van die ongeluk sal ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.