Eskom ontken gerugte oor beurtkrag

EskomEskom het Donderdag gesê dat elektrisiteitstoevoer oor die volgende drie maande onder druk sal verkeer terwyl instandhoudingswerk gedoen word, maar het ontken dat daar enige formele planne vir beurtkrag op die tafel is.

EWN berig verskeie berigte het Donderdag “betroubare bronne” aangehaal wat beweer dat Eskom twee weke lank elke maand beurtkrag sal toepas.

Andrew Etzinger, ʼn woordvoerder van Eskom, het gesê alhoewel elektrisiteitvoorsiening vir die volgende drie maande onder druk gaan verkeer, is daar beslis geen plan om beurtkrag toe te pas nie. “Ons is in die stadium in dieselfde situasie as wat ons verlede jaar was,” het Etzinger gesê.

Lees meer hier.

Bron: EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.