Die voortslepende staking in die steenkoolbedryf is besig om druk te plaas op Eskom se steenkoolvoorraad.
Eskom sê hy het tans 36 dae se voorraad maar dat indien die staking voortduur kragonderbrekings kan voorkom. Nagenoeg 150 duisend mynwerkers staak sedert verlede week nadat vakbonde die werkgewers se aanbod verwerp het. Die werkgewers bied tussen 7 en 9 persent aan terwyl Uasa en NUM op ʼn 14 persent verhoging aandring. Solidariteit eis ʼn 12 persent verhoging. Onderhandelinge word Donderdag voortgesit by die Kamer van Mynwese, wat namens die werkgewers onderhandel. Volgens Eskom is dit ideaal indien daar 40 dae se steenkoolvoorraad is.