Eskom: Solidariteit-lede staak nie

Ondanks die feit dat werknemers van Eskom tans onder selfs groter druk moet werk en Eskom se loonaanbiedings tot dusver ’n klap in die gesig was, beklemtoon die vakbond Solidariteit dat sy lede nie aan enige onwettige stakings sal deelneem nie. Daarby vra die vakbond dat onderhandelinge by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) in alle erns voortgesit moet word.

“Die gemoedere onder Eskom-werknemers loop hoog oor vanjaar se uitdagende loononderhandelinge met die energiereus, maar Solidariteit is vasbeslote om by die KVBA verder vir ’n hoër verhoging te onderhandel. Solidariteit verteenwoordig hooggeskoolde werknemers by Eskom en die maatskappy sal sonder hierdie werknemers moeilik Suid-Afrika se elektrisiteitvoorsieningskrisis die hoof kan bied,” sê Deon Reyneke, woordvoerder van Solidariteit. Eskom het vroeër ’n interdik bekom om onbeskermde stakings deur sy werknemers te stuit.

Solidariteit verteenwoordig nagenoeg 7 000 werknemers by Eskom. Die eerste geskilvergadering by die KVBA sal na verwagting op 1 Augustus 2013 plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.