Eskom verklaar noodtoestand

Foto: GCIS

Foto: GCIS

Eskom het Dinsdag ʼn noodtoestand oor die land se kragtoevoer verklaar en ʼn beroep op verbruikers gedoen om hul elektrisiteitsverbruik erg in te perk.

“Die elektrisiteitstelsel is erg beperk as gevolg van die verlies van bykomende eenhede van ons kragstasienetwerk en die uitgebreide gebruik van noodreserwes,” het Eskom in ʼn verklaring gesê. “Dit het Eskom genoodsaak om ‘n noodtoestand te verklaar in terme van die goedgekeurde regulatoriese protokolle.” Eskom het onder meer van sy groot industriële kliënte versoek om hul kragverbruik met minstens 10% te verminder. “Terwyl ons alles in ons vermoë doen om beurtkrag te voorkom, is ons hoopvol dat ons die nodige vermindering te weeg kan bring wat nodig is om die nasionale kragnetwerk te beskerm.” Eskom het verbruikers gevra om nie-noodsaaklike toerusting soos geysers, swembadpompe en lugverkoelers af te skakel tussen 17:00 en 21:00. Eskom het intussen as ʼn voorsorgmaatreël beurtkragskedules begin publiseer op die webtuiste www.loadshedding.eskom.co.za. Verbruikers kan ook Eskom se inbelsentrum kontak by 086 003 7566 vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Somerset (Sommie) Morkel ·

Maar hier by ons in Rietondale, Pretoria is dit amper 08.00 in die oggend, en die straatligte brand die afgelope twee oggende steeds tot hierdie tyd. My vrou en ek gaan stap so teen 6.30vm elke oggend. Die ligte kon al van 05.30 af afgesit gewees het. Een vd dae kry ns die boodskap: Julle het nie genoeg gespaar nie – hier kom beurtkrag. Maar die dekselse moroonsipaliteit is die oorsaak.

anita ·

Eskom het erinstige huiswerk om te doen.my krag gebruik is meer as vorige maand.ek koop
R200 se krag elke 3 de dag.nou is dit R250 se krag elke 3 de dag.bel eskom vra vat gaan aan
Nee ons krag is op.maar al die niebetaalers word oorgesien.eskom gaan hul g@t behoorlik
Sien voorentoe.STERKTE ESKOM!

Seg ·

Anita Dit is waar jy die fout maak. Eskom gaan nie hulle g@t sien nie. Hulle slaan ongelukkig die kitaar en ons sal dans. Daar is geen kompetisie vir hulle in die land nie en dit is die probleem. Hulle betaal te groot bonusse en belê te min in uitbreidings en onderhoud en die publiek dra die gevolge, nie Eskom nie.
Ons is drie in die huis en my elektriese rekening is R350 per maand. Ek het in ‘n in ‘n gas stoof wat jou R1,000 per jaar aan gas kos en Solar waterverwarmer belê wat jou ‘n eenmalige bedrag kos.

Evet ·

Wat as Eskom miskien begin om al die ligte wat so helder brand deur die dag afgesit. Ek glo ons almal kan behoorlik sien deur die dag. Dit is krag wat in die aand baie nodig is. Groot spreiligte brand verwoed deur die dag. Hoeveel onnodige krag word vermors. Neeeeee kom Eskom, doen jul deel, en die publiek sal dalk daarna hul deel doen. Hoekom moet huiseienaars wat krag koop, ligte afsit en krag spaar, maar eskom is die grootste vermorser van krag. SIT AF AL DIE KRAG WAT DEUR DIE DAG OP HOOFPAAIE BRAND EN BY SPORTSGRONDE. DIT BRAND EN MORS ONNODIGE KRAG,!!!!!!!!!!!

Seg ·

Evert ek stem saam met jou, maar dit is nie Eskom nie, maar die verskillende munisipaliteite wat die ligte moet afsit en ek en jy die belastingbetaler betaal nog daarvoor. Daar is ‘n baie goedkoop manier om daardie ligte aan en af te skakel deur net ‘n skakelaar te installeer wat dit outomaties aan en af skakel.
So daar word nie net onnodige krag verbruik of vermors nie, maar ook geld.

Johan Viljoen ·

Eskom is so besig om planne te maak om die verbruiker se geld in sy sak te kry dat beplanning en instandhouding net nie bestaan nie. Ek kry ons ou landjie jammer met sulke bestuur.

AmY ·

Dis mos nou weer bonus-tyd. Ons krag is R400 meer as laas maand, en ons het niks anders gedoen as wat ons gewoonlik doen nie. Ons het nie eens koek of muffins ektra gebak nie. Niks. Nou wat gaan dan nou aan? Betaal ek dalk ander mense se krag? Of die nywerhede in die omgewing waar die ligte deur die nag brand?

Albert ·

Die stelsels was op datum toe die despote oorgeneem het. Met geen uitbreidings en onderhoud nie het hulle waarlik gedink alles gaan vir ewig hou en dan kwalifiseer hulle hulle self vir prestasie bonusse van miljoene rande.

Die ergste is dat ons mense dit nog aanvaar as hulle die netwerke die skuld gee !!!

Janine ·

Ek betaal huidiglik R140, per maand net vir water…Bietjie moeilik om te verstaan, aangesien mens mos eintlik in die winter meer betaal? Navrae? O, ons gebruik 50% meer. Want in die winter is ons water letterlik onder R70!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.