Eskom versoek kragbesparing

Eskom het Dinsdag versoek dat duisende meer gebruikers toestelle tydens spitstye moet afskakel om die nasionale elektrisiteitslas hierdie winter te verlig.

“Hierdie winter gaan anders wees,” het Lindi Mthombeni, algemene bestuurder van Eskom in die Vrystaat, gesê. Sy sê Suid-Afrika se ouer kragstasies benodig meer instandhouding, wat beteken dat eenhede tydens die komende winter afgeskakel gaan word. “Dit sal meer druk op die stelsel plaas en ons moet die aanvraag tydens spitstye hanteer,” het sy gesê.

Eskom kan glo nie alleen die aanvraag tydens spitstye, daagliks tussen 17:00 en 21:00, hanteer nie en benodig hulp van sy “aandeelhouers”.

Eskom se geïntegreerde aanvraagbestuur (IDM) energiebesparingsveldtog het ten doel om ‘n verdere drie miljoen verbruikers aan te moedig om daagliks tydens spitstye krag te bespaar. Pannetjie Rossouw, woordvoerder van IDM, het gesê Suid-Afrikaners moet saamspan om die bykomende hoeveelheid elektrisiteit te bespaar.

Mthombeni versoek alle Suid-Afrikaners om onmiddellik te reageer op die kleurkaart oor “kragwaarskuwings”, wat op nasionale televisiekanale en radio uitgesaai word, veral wanneer dit oranje is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

piet ·

SNY DIE KRAG NA DIE PLAKKERSKAMPE EN LOKKASIES WAAR ONTELBARE ONWETTIGGE KONNEKSIES IS DAN HET BONS NIE N TE KORT NIE.. DIE PRYS VAN KRAG BEHOORT DAN MET DIE HELFTE TE DAAL..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.