Eskom: Voorafbetaalde-elektrisiteitstelsel tydelik buite werking

Eskom se voorafbetaalde-elektrisiteitstelsel sal van Sondagaand tot Maandagoggend nie beskikbaar wees nie weens ‘n opgradering aan die stelsel.

“Die voorafbetaalde aanlynstelsel wat klante gebruik om elektrisiteit aan te koop, moet opgegradeer word,” het Eskom in ‘n verklaring gesê. “Die stelsel sal Sondag 21 Julie tot Maandagoggend 22 Julie nie beskikbaar wees nie.”

Die stelsel sal na verwagting weer om 06:00 Maandagoggend beskikbaar wees. Eskom moedig sy klante aan om genoeg elektrisiteit aan te koop om hulle deur die aand te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.