Eskom: ‘Voorkom beurtkrag’

Foto: GCIS

Eskom sê Suid-Afrikaners moet drasties hulle elektrisiteitsverbruik verminder ten einde grootskaalse kragonderbrekings te vermy.

Die uitvoerende hoof van Eskom, Brian Dames, het aan verslaggewers in Johannesburg gesê dat dit nie nodig is om terug te gaan na die situasie in 2008 nie. “Ons wil nie teruggaan na beurtkrag nie, maar ons ons kan dit nie alleen doen nie. Ons moet 10 persent van ons huidige vraag spaar en sowat 3 000 megawatts van ons vraag verwyder ten einde te verseker dat die kragstelsel in ʼn stabiele toestand kan funskioneer.” Dames het die uitlatings gemaak tydens Eskom se eerste kwartaallikse verslag vir die jaar. Hy sê die verslae was deel van ʼn inisiatief om deursigtig en pro-aktief te wees rakende kommunikasie oor die toestand van die land se kragstelsel. “Dit is soos ʼn droogte en almal probeer ʼn manier kry om water te spaar. Hier is elektrisiteit die suurstof van die ekonomie…die suurstof van die media. Ons almal kort ʼn stabiele kragstelsel.” Dames sê Eskom is besig om mense bewus te maak oor doeltreffende elektrisiteitsverbruik. “Wat meer kan ons doen? Ons het alles probeer.” Eskom sukkel om ʼn balans te handhaaf tussen ‘n bestendige kragtoevoer en ʼn toenemende behoefte om ou kragstasies in stand te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.