Eskom-werknemer doodgeskok

Foto: GCIS

ʼn Werknemer van Eskom is doodgeskok en nog ʼn werknemer het brandwonde opgedoen terwyl hulle aan ʼn kragkabel in Ventersdorp, Noordwes gewerk het.

Kapt. Tselane Nkala, ʼn polisiewoordvoerder, sê die twee werknemers het Dinsdag aan ʼn kabel naby ʼn kragpaal gewerk. Hy sê die mans het ʼn veiligheidskabel, wat gebruik word om die elektrisiteitstoevoer af te sny, aan die foutiewe kabel vasgeheg. Die veiligheidskabel het egter losgekom terwyl hulle gewerk het. Die een werknemer is doodgeskok en is op die toneel dood verklaar. Sy kollega het brandwonde aan sy hande en bors opgedoen en is na die Ventersdorp-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.