“ET het my met MIV besmet,” sê Mahlangu

Eugene Terre'Blanche

Chris Mahlangu, wat skuldig bevind is op die moord van Eugene Terre’Blanche, glo die voormalige AWB-leier het hom met MIV besmet.

Mahlangu beweer die verregse leier het hom verkrag voordat hy hom in April 2010 vermoor het. Dié inligting is Maandag in die hooggeregshof in Ventersdorp tydens Mahlangu se vonnisoplegging bekendgemaak, berig Independent Online. Hein Swanepoel, ‘n kliniese sielkundige, het aan die hof gesê dat Mahlangu sê hy is MIV-positief en dat Terre’Blanche hom moes aangesteek het. “Hy beweer hy is drie of vier keer deur die oorledene verkrag en het hom nie verset nie, aangesien die oorledene ‘n magtige man was,” het Swanepoel gesê.

Regter John Horn het die bewerings van verkragting afgemaak toe dit gedurende die hofsaak genoem is. Mahlangu het aan die hof gesê hy het op die dag van die moord na Terre’Blanche se huis gegaan nadat sy koffer glo vermis geraak het. Hy wou vir die Paasnaweek huis toe gaan. Toe hy by Terre’Blanche se huis opgedaag het, het die verregse hom na die slaapkamer geneem en gesê dat hy sy koffer geneem het. Mahlangu beweer hy is hierna in die kamer verkrag. Mahlangu het hierna probeer vlug, maar Terre’Blanche het hom teruggehou en hom met ‘n panga gedreig.

“Hy sê hy (Mahlangu) het toe ‘n ysterstaaf op die vloer sien lê, dit gegryp en die oorledene daarmee aangeval,” het Swanepoel bygevoeg. “Die oorledene het hom glo vroeër met sy vuiste en ‘n sambok aangerand.”

In sy onderhoud met Mahlangu se vrou het dié beweer haar man is vier keer verkrag. Terre’Blanche het glo telkens ‘n vuurwapen by hom gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anita Groenenstein ·

Soos ek altoos sê: LIEG, SODAT DIE WAARHEID KAN UITKOM…

Maudie Jeffrey ·

Hoe ver wil hulle nog gaan! Hoe verduiwels baie wil hulle nog lieg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.