‘ET het panga op bors gehad, was vol bloed’

ʼn Polisieman het Woensdag in die rondgaande hof op Ventersdorp getuig, dat toe Eugene Terre’Blanche se lyk gevind is daar ʼn panga op sy bors gelê het en dat daar bloed op sy gesig was.

Sers. Jack Ramonyane het getuig dat Terre’Blanche se lyk op sy bed in sy plaashuis gevind is en dat die mure en ʼn staalpyp wat in die kamer gevind was, vol bloed was. Ramonyane sê die huis was geskuit toe hy daar opgedaag het. Ramonyane het nie dadelik die huis binnegegaan nie nadat ʼn werker van die nooddienste vir hom gesê het daar is honde in die huis en dat hulle hom dalk kan byt. Die twee beskuldigdes, Chris Mahlangu (28) en ʼn minderjarige was ten tyde hiervan in ʼn polisievangwa buite die huis. Ramonyane sê hy het die twee beskuldigdes na die huis gebring nadat hulle aan hom erken het dat hulle Terre’Blanche vermoor het. Ramonyane het die twee beskuldigdes naby ʼn treinspoor gevind toe hy op die dag van Terre’Blanche se moord die gebied gepatrolleer het. Volgens Ramonyane het Mahlangu aan hom gesê dat hulle in ʼn geveg met hulle werkgewer betrokke was oor salarisse. Ramonyane het aan Mahlangu gevra hoe ernstig hy beseer is waarna Mahlangu glo aan hom gesê het “ons het hom doodgemaak”. Vier ander getuies het reeds getuig dat die twee beskuldigdes erken het dat hulle Terre’Blanche vermoor het. Mahlangu en die minderjarige het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, huisroof en poging tot diefstal met verswarende omstadighede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.