ET-moordenaar gevonnis

Chris Mahlangu. Foto: Siphiwe Sibeko / Reuters

Chris Mahlangu, wat skuldig bevind is op die moord van Eugene Terre’Blanche, is Woensdag gevonnis.

Regter John Horn het Mahlangu tot lewenslange tronkstraf in die hooggeregshof in Ventersdorp, Noordwes gevonnis. Horn het ook Mahlangu se beweringe dat hy deur Terre’Blanche verkrag en gevolglik deur MIV besmet is, afgemaak. Mahlangu is ʼn verdere 15-jaar gevonnis vir huisbraak.

Mahlangu se medepligtige, Patrick Ndlovu, is ook aan huisbraak skuldig bevind. Ndlovu is tot twee jaar tronkstraf gevonnis wat vir 5 jaar opgeskort is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.