ET-moordenaar hoor vandag sy lot

Chris Mahlangu. Foto: Siphiwe Sibeko / Reuters

Chris Mahlangu word Maandag in die rondgaande hof op Venterdorp gevonnis vir die moord op die voormalige AWB-leier, Eugene Terre’Blanche.

Mahlangu is verlede maand daaraan skuldig bevind dat hy Terre’Blance in April 2010 in sy plaashuis met ʼn panga doodgekap het. Hy is ook skuldig bevind aan poging tot roof en huisbraak.

Sy mede-beskuldigde, Patrick Ndlovu, is vrygespreek op aanklagte van moord en poging tot roof, maar is skuldig bevind aan huisbraak.

Getuienis ter strafverswaring en -versagting sal waarskynlik aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.