ET-moordverhoor begin Maandag

Eugene Terre'Blanche kort nadat hy in 2004 uit die tronk vrygelaat is. Foto: Shayne Robinson/SAPA

Die moordverhoor van die voormalige AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, sal vanaf 10 tot 21 Oktober in die rondgaande hof in Ventersdorp plaasvind.

Chris Mahlangu (28) en ʼn minderjarige word aangekla van moord, huisroof, poging tot roof met verswarende omstandighede en crimen injuria. Die leier van die AWB, Steyn van Ronge, sê hy hoop die saak sal nou afgehandel word aangesien dit alle talle kere vertraag is. Hy sê daar sal geen AWB-lede voor die hof betoog nie. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Mthunzi Mhaga, sê die saak is gereed om voort te gaan. Hy sê die staat se getuies is gereed om te getuig. Die 69-jarige Terre’Blanche is in Maart verlede jaar op sy plaas buite Ventersdorp in Noordwes vermoor. Volgens ʼn nadoodse ondersoek het Terre’Blanche nagenoeg 28 beserings opgedoen. Mahlangu is in Julie verlede jaar op borgtog vrygelaat maar is egter drie maande later weer in hegtenis geneem nadat die hof sy borg teruggetrek het. Die minderjarige word in ʼn plek van veiligheid gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.