ET-moordverhoor gaan Dinsdag voort

Die vermoorde Eugene Terre'Blanche. Foto: Shayne Robinson/SAPA

Die Eugene Terre’Blanche-moordverhoor gaan Dinsdag vir die sewende dag voort in die rondgaande hof op Ventersdorp.

Agt mense het reeds in die saak getuig en ʼn verdere 34 mense sal na verwagting gevra word om hulle weergawes te gee van die gebeure van 3 April 2010 toe Terre’Blanche op sy plaas buite Ventersdorp vermoor is. Die polisiekonstabel, Peter Modise, het gister getuig dat hy ‘n gesprek met die minderjarige gehad het sonder dat hy toestemming van sy ouers gehad het. Hy het ook erken dat hy nie die regte van die minderjarige aan hom voorgelees het nie, omdat hy nie bewus was van bepalings van die nuwe Kinderwet nie. Modise het ontken dat hy deur sy bevelvoerder voorgesê is wat om in die polisieverklaring te skryf. Chris Mahlangu en die minderjarige het skuld ontken op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.