ET-moordverhoor Maandag hervat

Die vermoorde Eugene Terre'Blanche. Foto: Shayne Robinson/SAPA

Die moordverhoor van die voormalige AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, gaan Maandag voort in die rondgaande hof op Ventersdorp.

Chris Mahlangu en ʼn minderjarige het onskuldig gepleit op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede. Verlede week was die paramedikus wat eerste op die toneel was nadat Terre’Blanche op 3 April verlede jaar op sy plaas buite Ventersdorp vermoor is , die laaste getuie. Die paramedikus, Robert van Heerden, het getuig dat Terre’Blanche se belt los was en dat sy broek oop was. “Sy gulp was oop en sy private dele het uitgesteek. Onder die penis was daar vog. Watse vog kan ek nie vir meneer se nie”. Van Heerden het getuig dat hy Terre’Blanche nie erken het nie, al het hy hom vir 25 jaar geken. “Hy was baie sleg seer gemaak, gesny en geslaan. Ek het nie verwag om iemand in so ‘n toestand so te sien nie”. Van Heerden het getuig dat die eerste ding wat hy gesien het toe hy Terre’Blanche se kamer op die dag van die moord met ʼn flits binnegegaan het, ʼn poel bloed was op die vloer. Hy het ook bloed gesien wat van die bed afgedrup het en op die mure en gordyne. Van Heerden het getuig dat hy nie Terre’Blanche se lyk geskuif het nie en dat niemand met die getuienis gepeuter het nie. Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.