ET-moordverhoor: Polisiebeampte ontken dat hy voorgesê is om verklaring te verander

Die vermoorde Eugene Terre'Blanche. Foto: Shayne Robinson/SAPA

‘n Polisiebeampte het in die Eugene Terre’Blanche-moordverhoor in die rondgaande hof op Ventersdorp ontken dat ʼn senior polisiebeampte hom voorgesê het rakende sy getuienis.

Die polisiebeampte, konst. Peter Modise, het getuig oor wat gebeur het kort nadat die polisie op Terre’Blanche se lyk afgekom het. Modise sê die minderjarige beskuldigde het aan hom gesê dat hy en Chris Mahlangu, die ander beskuldigde, Terre’Blanche vermoor het. Die verdediging se regsverteenwoordiger, Norman Arendse, het aan Modise gevra of die ondersoekbeampte, kapt. Tsietsi Mano, vir hom gesê het wat om in sy verklaring te skryf of aan hom bekendgemaak het wat die ander polisiebeamptes in hulle verklarings geskryf het. Sers. Jack Ramonyane het verlede week erken dat hy sy polisie verklaring verander het na Mano hom aangesê het om dit te doen. Mano sal na verwagting later die week getuig. Mahlangu en die minderjarige het skuld ontken op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede. Terre’Blanche is op 3 April verlede jaar op sy plaas buite Ventersdorp vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.