ET-verhoor uitgestel

Eugene Terre'Blanche. Foto: Shayne Robinson/SAPA

Die verhoor van twee mense wat beskuldig word van die moord op die voormalige AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, is Donderdagoggend in die rondgaande hof op Ventersdorp uitgestel.

Die saak is tot Vrydag uitgestel aangesien een van die beskuldigdes, Chris Mahlangu, se regsverteenwoordiger siek is. Mahlangu en ʼn minderjarige het Terre’Blanche glo in April 2010 op sy plaas buite Ventersdorp vermoor. Die hof het Woensdag in ʼn verhoor binne ʼn verhoor beslis dat die minderjarige se verklaring en uitwysing van die misdaadtoneel ontoelaatbaar is. Die aanvanklike skuldbekentenis van Mahlangu kan egter as bewys ingedien word. Mahlangu en die minderjarige het albei onskuldig gepleit. Mahlangu beweer hy het in selfverweer opgetree terwyl die minderjarige enige aandeel in die moord ontken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.