ET-verhoor uitgestel

Die rondgaande hof in Ventersdorp het die Eugene Terre’Blanche-moordverhoor tot Vrydag uitgestel.

Die saak is uitgestel na die afsterwe van ʼn familielid van die verdediging se prokureur Zola Majavu. Majavu verdedig die minderjarige beskuldigde in die saak. Die verdediging het vanoggend die kruisverhoor van die polisie sersant, Jack Ramonyane voortgesit. Die hof het gehoor dat Ramonyane nie die korrekte prosedure gevolg het met die inhegtenisneming van die twee verdagtes in die saak nie. Ramonyane het aan die hof gesê dat hy nie die minderjarige-beskuldigde as ʼn kind behandel het nie aangesien hy aangeneem het hy is ʼn volwassene. Ramonyane het vroeër erken dat hy gelieg het nadat die ondersoekbeampte hom glo beveel het om sy polisie verklaring te verander. Terre’Blanche is in April verlede jaar op sy plaas buite Ventersdorp vermoor. Die twee beskuldigdes het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, huisroof en poging tot roof met verswarende omstandighede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.