eThekwini benoem hul gunstelinge vir ANC-leierskap

Die eThekwini ANC in KwaZulu-Natal het Saterdag besluit om president Jacob Zuma in Desember tydens die ANC se nasionale verkiesingskonferensie in Mangaung vir ‘n tweede termyn te ondersteun.

Die streek het sakeman Cyril Ramaphosa benoem om as adjunkpresident by Kgalema Motlanthe oor te neem. Motlanthe is bo-aan verskeie streke se lyste vir president, maar het nog nie bekend gemaak of hy die nominasie sal aanvaar nie.

Die streek wil Gwede Mantashe as sekretaris-generaal te behou en Baleka Mbete as voorsitter.

Jessie Duarte is benoem om as adjunk sekretaris-generaal oor te neem, terwyl Zweli Mkhize, die huidige premier van KwaZulu-Natal, as tesourier-generaal benoem is.

Honderde ANC-afgevaardigdes van die eThekwini algemene raad het geel en groen T-hemde aangehad met Zuma se gesig op. Die woorde “100% Zuma” staan ook op die T-hemp.

Die streek is die ANC se grootste, meer meer as 100 takke en meer as 90 000 lede.

KwaZulu-Natal is ook Zuma se tuisprovinsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.