Eugene Terre’Blanche-uitspraak: Polisie gereed vir drama

Skare buite die hof in Ventersdorp tydens 'n vorige geleentheid.

Polisie in Noordwes is gereed vir enige drama wat moontlik Dinsdag in Ventersdorp mag kop uitsteek, wanneer die uitspraak op Eugene Terre’Blanche se moordsaak gelewer gaan word.

Dít nadat gerugte die rondte doen dat mense geskiet of doodgemaak gaan word indien die uitspraak nie in ʼn sekere rigting gaan nie.

Volgens Brigadier Thulane Ngubane, ‘n polisiewoordvoerder, gaan die uitspraak vanaf 09:00 gelewer word en ʼn groot skare word verwag.

“Na aanleiding van vorige konfrontasies tussen twee groepe buite die hof, verwag die polisie selfs erger situasies as die voriges, waarvoor ons slaggereed is,” het Ngubane gesê.

Chris Mahlangu en ʼn tiener word daarvan aangekla dat hulle die AWB-leier op 3 April 2010 in sy plaashuis doodgeslaan het en hoor Dinsdag hulle lot. Albei het onskuldig gepleit op moord, huisbraak en roof met verswarende omstandighede.

Luitenant-generaal Zukiswa Mbombo, provinsiale kommissaris, het ʼn beroep op plaaslike inwoners gedoen om die hof se beslissing te respekteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.