Europese koerant kritiseer Zuma se herverkiesing

President Jacob Zuma by Mangaung

In ‘n lang redaksionele kommentaar beskryf die Nederlandse koerant Trouw, pres. Jacob Zuma se herverkiesing as president van die ANC, en daarom binnekort van die land, as “nie goed  vir die land nie”.

Trouw is onlangs as die beste koerant in Europa aangewys. Trouw meen dat die ANC in die oorgang van ‘n bevrydingsbeweging na ‘n politieke party vasgeval het. Korrupsie kom wydverspreid voor en die party het in ‘n “gunstemasjien” ontaard. Die land verdien ‘n stewige opposisie om die verstrengeling van die ANC, die staat en ekonomie aan die kaak te stel en af te takel. Ná 18 jaar is die alleenheerskappy van die  ANC nie meer gesond nie.

Die volledige artikel kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.