Europese Unie gevra om “swaar” vuurwerke te verbied

Argieffoto

Argieffoto

Na minstens vier mans in verskillende Europese lande in Nuwejaarsvuurwerkongelukke dood is, en talle mense oë en hande kwyt is, wil Nederland se Openbare Ministerie die Europese Unie vra om “swaar” vuurwerke te verbied.

Die Openbare Ministerie, wat min of meer die funksie van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vervolgingsgesag verrig, het dit reeds per brief met die Ministerie van Veiligheid en Justisie opgeneem.

Ingevolge Europese riglyne mag swaar vuurwerke alleen deur professionele “afvuurders” hanteer word, maar veral in Nederland word die wetgewing gemaklik omseil. Een van die oorledenes was dan ook ‘n Nederlander, terwyl minstens agt mense elk ook vanjaar ‘n oog kwyt is. Verskeie jong Nederlanders het ook hul hande in vuurkwerontploffings verloor, en die klagte-webwerf het meer as 85 000 klagtes geregistreer. Die oogkundige vereniging van Nederland bepleit al ses jaar lank ‘n algehele verbod op vuurwerke, en blameer die politici daarvoor dat dit nie ingestel word nie.

Die ander mans wat in vuurwerkontploffings gesterf het, was van Oostenryk, Duitsland en Frankryk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.