Eve en nié Winnie op voorblad van Playboy

Eve, van die bekende strokiesreeks Madam & Eve, sal op die voorblad van die Oktober-uitgawe van Playboy SA pryk.

Die tydskrif sê in ʼn mediaverklaring dat Eve as “Playmaid of the year” gekies is. Madam, oftewel Gwen Anderson, en dié se ma Moeder Anderson sal saam met Eve op die voorblad pryk. Playboy SA het sowat ʼn week gelede aangekondig dat drie Suid-Afrikaanse vroue karakters op sy Oktober uitgawe sal verskyn. Daar is onder meer bespiegel dat Helen Zille, Patricia de Lille of self Winnie Mandela op die voorblad gaan pryk. Op ʼn vraag aan die redakteur van Playboy, Charl du Plessis, oor hoekom juis Eve op die voorblad gaan verskyn het hy grappenderwys geantwoord dat dit alles deel is van ʼn geheime regeringsprogram om die publiek se aandag weg te neem van die staatsrede en ons slaggate. Du Plessis sê egter Playboy kan niks meer daaroor sê nie aangesien die omstrede Wet op die Beskerming van Inligting dit te gevaarlik maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.